• Skakel die roosterelement van die oond aan.
  • Plaas die snye brood met die ongeroosterde kant na bo op ’n bakplaat. Verdeel die kaas tussen die broodsnye en plaas in die oond tot die kaas lekker gesmelt is.
  • Meng intussen die ­hoendervleis na smaak met die res van die ­bestanddele.
  • Plaas ’n snytjie brood, met die gesmelte kaas na bo op ’n bord en skep ’n hopie hoendermayonnaise bo-op. Plaas nog ’n snytjie kaasroosterbrood bo-op, gevolg deur  nog ’n hopie hoendermayonnaise.
  • Rond af met die laaste snytjie kaasroosterbrood en sit dadelik voor.