Die veelsydigheid van lensies verbaas my ál meer, veral noudat dit ’n groter deel van my eetpatroon geword het.

Selfs my man, wat van sy vleisie hou, geniet dié geregte. Lensies is beslis my gunsteling-peulgroente.

Dis maklik om gaar te maak, jy hoef dit nie te week nie en dit gaan ook nie gepaard met die opgeblasenheid of ongemak wat bone soms kan veroorsaak nie. 

Dit is boonop supervoedsaam – lensies het die derde hoogste pro­teïeninhoud van al die peulgroentes, en die hoë veselinhoud help met die verlaging van cholesterol, voorkoming van hartvatsiektes en die stabilisering van bloedsuikervlakke.

Dit help ook met goeie spysvertering, en danksy ’n lae kilojoulewaarde en geen vet nie is dit die ideale dieetkos. 

1. LENSIEGROENTETERT

lensies
Foto: Misha Jordaan

2. DAHL MET KLAPPERMELK

lensies
Foto: Misha Jordaan

3. LENSIE-MIELIEKROKETTE MET MENTSOUS 

lensies
Foto: Misha Jordaan

4. LENSIE-HERDERSPASTEI 

lensies
Foto: Misha Jordaan

5. GORT-EN-LENSIE-RISOTTO MET BROS UIE

lensies
Foto: Misha Jordaan

6. LENSIESLAAI MET OONDGEROOSTERDE TAMATIES EN FETA 

lensies
Foto: Misha Jordaan

7. LENSIE-HUMMUS MET SULTANA-OLYFSALSA

lensies
Foto: Misha Jordaan

8. GEBAKTE PATATS MET ROOIWYNUIE

lensies
Foto: Misha Jordaan