• Verdeel die deeg in 4 gelyke dele en rol rofweg in sirkels op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Pak die deegsirkels op die bakplate.
  • Meng die mayonnaise en atjar en smeer op die pizzabasisse. Bak 7-10 min. in die oond. 
  • Verdeel die geroosterde groente tussen die pizzas en geur met die sout en peper. Bak nog 10-15 min. of tot goudbruin en gaar. Drup die olyfolie oor die pizzas.
  • Suurroom: Meng die bestanddele en geur met sout en peper.
  • Vir voorsit: Sny die pizzas in skywe en sit dit voor saam met die suurroom.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.