Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Steaks: Pak die steaks in ’n enkellaag in ’n plat bak. Meng die res van die bestanddele en giet bo-oor. Laat staan minstens 45 minute by kamer­temperatuur.
  • Pak op ’n bakplaat en bak sowat 15-20 minute of tot net-net gaar en sag, maar nog baie bros. Verf gereeld met die mari­nade.
  • Verhit ’n gietyster-riffelpan en braai vinnig aan alle kante tot effe geskroei.
  • Pesto: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
  • Voorsit: Skep van die pesto oor die blomkoolsteaks en sit voor saam met gebakte aartappels.