Verhit die oond se rooster­element.

  • Salsa: Braai die mielies in  ’n verhitte riffelpan tot swart kolle begin vorm. Haal uit die pan en laat afkoel.
  • Sny die pitte van die stronke af en plaas in ’n bak.
  • Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper na smaak.
  • Bruschetta: Sny die brood in snye van ½ cm dik en pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en rooster 2-3 min. in die oond of tot goudbruin aan die kante. Draai om en rooster die ander kant ook.
  • Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Hou in ’n lugdigte houer tot benodig.
  • Afronding: Smeer roomkaas op elke bruschetta. Pak salsa, tamatie en basilie op.