Baba-aartappels-in-’n-pot

(Die resep kom uit VIA se Kom Ons Braai.)

Bestanddele

1 kg baba-aartappels

1 stingelui

4-5 knoffelhuisies, fyn gerasper

1 t sout

¼ vars gemaalde swartpeper

¼ t droë dille

¼ t droë tiemie

droë basilie

3 e olyfolie

Metode

  • Voeg al die bestanddele in ’n groot bak en meng goed.
  • Skep die mengsel in ’n potjie oor die kole en roer elke 10 tot 15 min.
  • tot die aartappels sag en bruin is.

Aartappel-en-mieliegereg

(Die resep kom uit VIA se Kom Ons Braai.)

Bestanddele

heel mielies

klein aartappels

uie

knoffelhuisies

sampioene

avokado-olie

sout

vars gemaalde peper

margarien

room

Metode

  • Breek die mielies in die helfte.
  • Sny die aartappels in kwarte en die uie in skyfies. Kap die knoffel fyn.
  • Plaas die mielies, aartappels, uie, knoffel en sampioene saam in ’n bak. Giet die avokado-olie, sout en peper oor.
  • Plaas blokke margarien tussen die groente. Maak die bak met tinfoelie toe.
  • Plaas op die braai en los die deksel 1 uur op. Haal die tinfoelie af en giet die room oor.
  • Laat die room dik word en sit voor.

Aartappelgebak

(Die resep kom uit VIA se Kom Ons Braai.)

Bestanddele

6 aartappels

2 rooi-uie, fyn gekap

2 pakkies spek

1 pakkie sampioene

4 sprietuie

? t peper

Sousbestanddele

1 houertjie room

½ t origanum

½ t groentespeserye

sout en vars gemaalde peper na smaak

Metode

  • Sny die aartappels in dun skywe en plaas onder in ’n tinfoeliebak. 
  • Braai die uie en spek saam en plaas bo-oor die aartappels.
  • Sny die ander bestanddele op en plaas bo-op.
  • Voeg laastens die sous by en bedek die aartappelgebak goed met tinfoelie.
  • Plaas op matige kole ongeveer 1 uur.

Konsertina-aartappels

(Die resep kom uit VIA se Kom Ons Braai.)

Bestanddele

aartappels

olyfolie

sout en vars gemaalde peper na smaak

Ina Paarman se aartappelspeserye

parmesaankaas

vars tiemie

1 pakkie spekrepies

Metode

  • Sny die aartappels in dun skyfies, maar moenie regdeur sny nie.
  • Maak die aartappels effens oop en bedruip met die olyfolie. Geur die aartappels met die sout, peper
  • aartappelspeserye. Rasper fyn parmesaankaas oor en geur met ’n knippie vars tiemie.
  • Besprinkel die aartappels met die gerookte spekrepies.
  • Draai alles in tinfoelie toe en maak oor die kole gaar.

Gevulde gesondheid uit die grond uit

(Die resep kom uit VIA se Kom Ons Braai.)

Bestanddele

aartappels

biltongpoeier

kaassmeer

melk

cheddarkaas

kersietamaties

sprietuie

Metode

  • Kook die middelslag-aartappels met die skil aan tot amper sag.
  • Halveer en skep die aartappels uit sonder om die skil erg te beskadig.
  • Meng die aartappels met die biltongpoeier en kaassmeer. Verdun met ’n bietjie melk.
  • Voeg in die aartappels en sprinkel gerasperde cheddarkaas bo-oor.
  • Plaas in ’n vuurvaste pot en bedek met dik tinfoelie (met die blink kant na binne).
  • Plaas die pot op die rooster met die kole onder en bo-op die tinfoelie ongeveer 40 min.
  • Garneer met kersietamaties en gekerfde sprietuie.

Warm braai-aartappels

(Die resep kom uit VIA se Kom Ons Braai.)

Bestanddele

6 aartappels

500 ml vars room

2 gekaramelliseerde uie

1 pakkie spek-en-kaas-aartappelgebakgeursel

250 gram spek

500 g gerasperde kaas

Metode

  • Stoom die aartappels.
  • Sny in skywe en meng die vars room, uie en aartappelgebakgeursel saam.
  • Braai die spek en plaas die aartappels in ’n swartpot.
  • Giet die roommengsel bo-oor die aartappels.
  • Voeg die spek by. Bedek met die gerasperde kaas.
  • Plaas bo-op die kole.

Kliek hier en wen die braai van jou lewe.