Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.

  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, gemmer en brandrissies tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai 1 min.
  • Voeg die wortels en seldery by en braai 5 min.
  • Roer die res van die bestanddele by – wees versigtig om nie die boontjies te veel te kneus nie. Geur met die sout na smaak en skep in die bereide oondbak.

Eiervla

  • Klits die eiers en melk saam en geur met die sout en peper. Giet oor die boontjiemengsel en pak die lourier- of kerrieblare bo-op.
  • Bak 35-40 min. in die verhitte oond of tot die eiervla gestol is. Sit die bobotie voor saam met ’n bykos van jou keuse.