Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n groot bakplaat met olyfolie. Bespuit 'n oondbak met kossproei.

  • Eiervrug: Pak die eiervrugskywe op 'n skinkbord en sprinkel 'n bietjie growwe sout oor. Laat staan 15 min., spoel die eiervrug af en klad goed droog.
  • Pak die eiervrugskywe op die bakplaat en drup die olyfolie oor. Rooster 15-20 min. of tot die eiervrug sag en gaar is.
  • Sous: Meng alles goed.
  • Gratin: Smeer 'n derde van die sous in die oondbak. Pak die helfte van die eiervrug bo-op en versprei die helfte van die kekerertjies en ui oor. Smeer nog 'n derde van die sous oor.
  • Pak die res van die eiervrug, kekerertjies en ui bo-op en smeer die orige sous oor. Sprinkel die mozzarella bo-op en geur met sout en vars gemaalde peper. Bak 20 min. of tot die kaas gesmelt is.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.