• Braai die uie in die olie tot deurskynend en voeg die knoffel by. Braai nog 1-2 min.
  • Voeg die tamaties en kruie by. Na gelang van hoe soet die tamaties is, kan jy ook rosyntjies of ’n teelepel suiker byvoeg.
  • Voeg die aftreksel by en kook 15 min.
  • Voeg die eiervrugte by. Kook nog 20 min. of tot die eiervrugte begin disintegreer en die meeste van die water weggekook het.
  • Geur met die sout en peper.

WENK: Ek maak dié gereg ook graag met Indiese geure soos gemmer, kerrie, borrie, kardemom en vars koljander.