Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 2 groot bakplate met ’n bietjie olie.

  • Meng die eiervrugblokkies, sout en olie goed en versprei op een van die bakplate.
  • Rooster 20-25 min. of tot die eiervrug sag en gaar is – roer die eiervrug ná 15 min. om te verseker dat dit oraloor braai. Laat effens afkoel.

Frikkadelle

  • Sit die eiervrug saam met die res van die bestanddele in ’n mengbak en meng goed. Rol okkerneutgrootte-bolletjies met die mengsel en pak op ’n bord. Laat 30 min. verkoel.
  • Pak die frikkadelle op die ander bakplaat en drup ’n bietjie olyfolie oor. Rooster 20 min. in die oond.

Vir voorsit

  • Bedek die frikkadelle met die tamatiepastasous en sit voor op die spaghetti met die pecorinoskaafsels en basilie.