• Gemarineerde broccoli: Meng die sojasous, heuning, gemmer, knoffel en brandrissies in ’n klein kastrol en verhit. Roer aanhoudend tot die marinade begin kook. Verwyder van die hitte en voeg die lemmetjie- of suurlemoensap by.
  • Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt. Dompel die broccoli in die kookwater, bring tot kookpunt en dreineer dadelik. Spoel af met yswater en skep in ’n bak.
  • Giet die marinade oor die broccoli en bedek. Laat 1 uur of oornag in die yskas marineer.
  • Slaai: Verdeel al die bestanddele in 4 bakkies en rond af met die ge­marineerde broccoli. Drup enige ekstra ma­rinade oor die slaai.