Hou ’n paar metaalkebabstokkies byderhand. Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n rooster byderhand.

  • Chakalakabotter: Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel, brandrissies en spese- rye by en roerbraai tot geurig. Skep uit en laat heeltemal afkoel.
  • Meng die uiemengsel met die botter en suur­lemoenskil.
  • Kebabs: Ryg die broccoli aan die kebabstokkies. Drup die olie oor en geur met die sout en peper.
  • Pak die broccolikebabs op die rooster en braai tot heldergroen en liggies geskroei.
  • Drup die suurlemoensap oor en pak op ’n bord. Skep dadelik van die chakalakabotter op sodat dit oor die warm kebabs kan smelt.