Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Pak die groot sampioene met oop kant na bo op die bakplaat.
  • Verhit ’n pan en braai die spek saam met die opgekapte sampioen-stingels en ui tot sag en gaar. Laat effens afkoel en meng met die pietersielie en roomkaas. 
  • Verdeel tussen die groot sampioene. 
  • Meng die gerasperde pecorino en broodkrummels en sprinkel daarvan oor elk van die sampioene.
  • Bak tot die groot sampioene sag en die broodkrummels en kaas goudbruin is. Sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.