5 min.
6-8
12 min.
Bestanddele
- 30 ml (2 e) olyfolie
- roerbraaipakkie #5 (haal uit plastieksakkie en laat ontdooi in ’n vergiettes)
- sout en peper
- grondboontjiesous, verdubbel (haal die vorige aand uit vrieskas en laat ontdooi in yskas)
- 170 g vars aspersies, harde stingels verwyder, of
- 200 g Brusselse spruite, gehalveer
- ’n hand vol pak choi (Chinese kool – gebruik kopkool as jy dit nie kan kry nie)
- VIR VOORSIT
- 200 g bruin rysnoedel
- ’n hand vol vars koljander, gekap
- 50 g grondboontjies
Metode

- Verhit die olyfolie in ’n wok of groot pan; voeg die groentepakkie by. Geur met sout en peper en roerbraai 5-8 min.
- Voeg die sous, aspersies of Brusselse spruite en pak choi by en meng 4 min.
- Vir voorsit Voeg die noedels by, meng goed en bestrooi met koljander en grondboontjies.
Wenk
Halveer roerbraaipakkie #5. Roerbraai die een helfte saam met die helfte van die res van die bestanddele. Sit dit voor saam met die helfte van die rysnoedels, koljander en grondboontjies. Maak die res van pakkie #5 net so gaar. Voeg pleks van die noedels 2 k gaar rys en 3-4 eiers by en roerbraai vinnig.
Roerbraai-pakkie #5
- 1 ui, gehalveer en gesny
- 1 elk klein rooi- en groenkool, gesny
- 200 g murgpampoentjies, in repies gesny
- 250 g sampioene, gehalveer
- 1 blomkool, in blommetjies gebreek
- 250 ml (1 k) bevrore ertjies
Grondboontjiesous (lLewer sowat 180 ml)
- 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
- 45 ml (3 e) hoisin-sous
- 60 ml (¼ k) water
- 1 lemmetjie se sap en skil
- 1 groen rissie, fyngekap
Plaas al die bestanddele in ’n fles en skud tot goed gemeng.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET