Hou 4-6 kebabstokkies byderhand.

Kebabs

  • Ryg die halloumi en tamaties om die beurt aan die kebabstokkies. Geur met die sout en vars gemaalde peper en bedruip oraloor met die olyfolie.

Chermoula

  • Meng al die bestanddele goed.

Vir afronding

  • Verhit ’n pan en braai die kebabs in sarsies tot die halloumi geskroei is – of braai die kebabs 5 min. laag oor baie warm kole.
  • Skep die chermoula oor die kebabs sodra dit uit die pan of van die rooster afkom. Sit dadelik voor.