Kekerertjies

  • Meng al die bestanddele goed en versprei in die mandjie van ’n lugbraaier.
  • Rooster 12-15 min. by 220 °C of tot bros.
  • Skep uit en hou eenkant.

Botter­skorsie

  • Sny intussen die botterskorsie in 2 cm-wiele.
  • Sny kepies in ’n diamantpatroon in elke botterskorsiewiel.
  • Meng die heuning, sojasous en tiemie en drup die helfte oor die een kant van die botterskorsie.
  • Pak in ’n enkellaag in die mandjie van die lugbraaier en rooster 15 min. by 200 °C.
  • Draai die botterskorsie om en drup die res van die heuningmengsel oor.
  • Rooster nog 10-15 min. of tot die botterskorsie sag en lekker klewerig is.

Vir voorsit

  • Pak die roketblare en botterskorsie in ’n opdienbord en sprinkel die geroosterde keker­ertjies oor.
  • Rond af met nog vars tiemie, indien verkies, en sit voor.