• Blomkoolhappies: Meng die karringmelk, eiers, knoffel, rooi­peper, sout en peper goed. Voeg die blomkoolboompies by, bedek en laat minstens 1 uur of verkieslik oornag in die yskas marineer.
  • Sous: Verhit al die bestanddele in ’n klein kastrolletjie en roer aanhoudend tot die suiker gesmelt is. Laat 5 min. liggies prut, haal van die hitte af en hou eenkant.
  • Vir afronding: Haal die blomkoolboompies een-een uit die marinade en rol in die broodkrummels. Doop weer in die marinade en rol dan weer in die krummels.
  • Verhit die olie vir diepvetbraai en braai die boompies in sarsies tot goudbruin en nog lekker bros in die middel. Dreineer op kombuispapier.
  • Pak die boompies op ’n opdienbord, drup van die sous oor en sprinkel die kruie oor.