Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat liggies met olie. Maak die tamatiesous. (Sien onder.)

Spaghetti en murg­pampoenspaghetti

  • Kook die pasta so: Plaas die spaghetti in die warm water in ’n groot kastrol met ’n knippie sout. Bring tot kookpunt en kook 12 min. tot al dente.
  • Gooi die water af en plaas die pasta eenkant in ’n ander bak. Bedruip met die helfte van die olie sodat dit nie aan mekaar kleef nie.
  • Meng sagkens tot goed bedek.
  • Plaas die kastrol terug op die stoof en verhit die res van die olie tot warm. Voeg die murgpampoen-­“spaghetti” by, geur met die sout na smaak en braai 5 min.
  • Meng die ander spaghetti in en braai 2 min. Bedek, plaas eenkant en hou warm.

Kulfrikkadelle

  • Maak intussen die frikkadelle. Meng die bestanddele en geur goed met die sout. Skep ’n lepel van die mengsel en druk dit ’n paar keer in die palm van jou hand voor jy dit in ’n klein, digte bal rol. Herhaal tot die mengsel opgebruik is.
  • Rangskik die frikkadelle op die bereide bakplaat. Bak 15 min. en skud die pan halfpad deur. Haal uit die oond (gebruik oondhandskoene) en plaas eenkant.

Vir voorsit

  • Skep ’n porsie van die spaghetti- mengsel op elke bord en bedek met die frikkadelle en genoeg van die tuisgemaakte tamatiesous (sien onder) vir elke porsie.
  • Of meng die spa­ghettimengsel goed met die sous en frikkadelle.
  • Rond af met die parme­saan en pietersielie en sit voor.

TAMATIESOUS

  • Verhit 15 ml (1 e) olyf­olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en soteer 2 fyngedrukte knoffelhuisies 1 min.
  • Voeg 6 stele gesnyde seldery en 30 ml (2 e) tamatiepasta by. Roer goed.
  • Giet 1 x 410 g-blik gekapte en geskilde tamaties en 250 ml (1 k) hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en verminder die hitte.
  • Laat 15 min. prut tot die tamaties uitmekaar­geval het. Roer 15 ml (1 e) heuning in en geur met sout en peper na smaak.