Hou ’n groot oondbak of 4-6 kleiner bakkies byderhand.

  • Verhit die botter en olie in ’n kastrol en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die patats en tamatiepasta by en roer deur.
  • Giet die Marmite- mengsel en groente­aftreksel by en laat ongeveer 15 min. oor matige hitte prut of tot die patats sag is.
  • Roer die lensies en ertjies deur en laat nog 5 min. prut.
  • Geur met die suiker, suurlemoensap, sout en vars gemaalde peper. Skep die mengsel in die oondbak of verdeel tussen die bakkies.

Kapokaartappel

  • Druk al die bestanddele saam tot fyn en glad. Geur met die sout en skep bo-op die bredie in die oondbak of verdeel tussen die bakkies.
  • Rooster die pastei 10 min. onder die rooster­element van die oond en sit voor.