Maak eerste die sesamsaadolie en laat dit afkoel. (Sien resep.)

Hummus

Kook die lensies gaar tot heeltemal pap. Dreineer.

Plaas die lensies en botterbone in die bak van ’n voedselverwerker.

Druk die knoffel saam met die sout in ’n vysel met ’n stamper fyn tot
’n pasta. Voeg by die lensiemengsel.

Voeg die suurlemoensap, sesamsaadolie en speserye by.

Pols tot fluweelglad, voeg van die botterboonvloeistof by soos nodig en geur met sout en peper na smaak. Skep in ’n bak en giet olyfolie oor; sprinkel ’n bietjie sesamsaad oor.

Salsa

Meng al die bestanddele en skep oor die hummus.

Vir voorsit

Sit voor saam met die brode.

SESAMSAADOLIE

     100 ml olyfolie
     80 ml (¹⁄3 k) sesamsaad

Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die sesamsaadjies daarin tot liggies goudbruin. (Pasop vir te donker, dan raak dit bitter.)