• Lensiekoekies: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en skep hopies van die lensiemengsel in die pan. Druk die hopies liggies platter en braai tot bruin aan die een kant. Draai die koekies versigtig om en braai tot bruin aan die ander kant. Skep uit en hou eenkant.
  • Herhaal met die res van die lensiemengsel tot al die koekies klaar gebak is.
  • Sous: Meng al die bestanddele goed.
  • Burgers: Verdeel die slaaiblare en tamatie­skyfies tussen die broodrolletjies. Pak 1 of 2 lensiekoekies op elke rolletjie en skep van die sous oor.