Voorverhit die oond tot 180 ºC. 

  • Dreineer die ertjies of lensies en laat kook in water tot sag maar nie stukkend nie. Geur aan die einde met sout en dreineer. Hou eenkant.
  • Meng die speserye.
  • Meng 5 ml (1 t) van die speserymengsel met 30 ml (2 e) van die olyf­olie om ’n pasta te vorm. Vryf die eiervrug daarmee in en plaas in ’n bakplaat. Besprinkel met olie. Oondbraai 20-30 min. of tot sag. Hou eenkant.
  • Kook intussen die aartappels in soutwater tot sag; dreineer. Sny in skywe.
  • Verhit 30 ml (2 e) olyf­olie in ’n pan en braai die uie 10 min. tot sag. Voeg die oorblywende speserymengsel by en verhit 3 min. Voeg die gemmer en knoffel by. Roer goed.
  • Voeg dan die tamaties, kerrieblare en jalapeño by. Bedek, verlaag die hitte en laat prut tot die tamaties ’n moes is.
  • Voeg die ertjies of lensies, aartappels en spinasie by, verhit tot warm en geur met die sout en peper en suur­lemoensap.
  • Slaai: Berei ’n slaaisous met die asyn, suiker en speserye.
  • Meng die res van die slaaibestanddele in ’n bak en giet die slaai­sous oor.10 Vir voorsit Sit die masala-aartappels voor saam met die slaai en brandrissie­jogurt.