Bredie

  • Verhit die olie in ’n diep kastrol en rooster die mosterdsaadjies tot dit begin skiet.
  • Voeg die res van die speserye by en roerbraai nog ’n paar sekondes.
  • Voeg die gemmer by en braai tot geurig.
  • Voeg die brediebasis by en bring tot kookpunt.
  • Voeg die aartappels by en laat oor matige hitte prut tot sag en gaar – giet ’n bietjie water by as die bredie te vinnig droogkook.
  • Geur met die sout na smaak.

Kool

  • Drup die olie oor die kool en geur met die sout na smaak.
  • Verhit ’n pan en braai die kool tot liggies geskroei aan alle kante.
  • Geur met die suurlemoensap.

Vir voorsit

  • Sit die bredie op die kool voor saam met die ertjies.
Brediebasis

Ons gebruik dié bredie as ’n geurbasis; dus is dit nie te sterk gekrui nie en ideaal om as bousteen vir ons ander bredies in te span. Die resep verg wel ’n bietjie tyd, maar jy sal daarvoor vergoed wanneer jy weer besluit om ’n bredie aanmekaar te slaan. Verdeel die bredie in 8 sakkies (met of sonder die bene) en vries tot jy dit weer benodig.

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASIS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 4-5 UUR
STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG


Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffel­huisies, 3 preie (skoon­gemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.

  • Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
  • Rooster 40 min.
  • Skep die mengsel in ’n reusekastrol.
  • Plaas 1 brand­rissie, 4 lourier­blare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
  • Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
  • Roer af en toe.
    Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
  • As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
    Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
  • Skep enige oortollige gestolde vet af.
  • Verdeel die bredie in 8 seël­bare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.