Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat byderhand.

Groentestowe

  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui en knoffel ’n minuut lank.
  • Voeg die wortels, botterskorsie en water by en laat 15 min. prut.
  • Roer af en toe.
  • Voeg die brediebasis en blomkool by en laat 10 min. prut of tot die botterskorsie gaar is.
  • Voeg die boontjies en kekerertjies by en verhit.
  • Geur met die sout en peper en suurlemoensap.

Krummel

  • Meng intussen die krummels en knoffel goed en geur met die sout.
  • Versprei dit op die bakplaat en drup die olie oor.
  • Rooster 5-10 min. of tot goudbruin en bros.
  • Skep in ’n bakkie en meng die pietersielie en suurlemoenskil by.
  • Sprinkel die krummel oor die bredie en sit net so of saam met ’n bykos van jou keuse voor.
Brediebasis

Ons gebruik dié bredie as ’n geurbasis; dus is dit nie te sterk gekrui nie en ideaal om as bousteen vir ons ander bredies in te span. Die resep verg wel ’n bietjie tyd, maar jy sal daarvoor vergoed wanneer jy weer besluit om ’n bredie aanmekaar te slaan. Verdeel die bredie in 8 sakkies (met of sonder die bene) en vries tot jy dit weer benodig.

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASIS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 4-5 UUR
STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffel­huisies, 3 preie (skoon­gemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.

  • Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
  • Rooster 40 min.
  • Skep die mengsel in ’n reusekastrol.
  • Plaas 1 brand­rissie, 4 lourier­blare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
  • Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
  • Roer af en toe.
  • Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
  • As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
  • Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
  • Skep enige oortollige gestolde vet af.
  • Verdeel die bredie in 8 seël­bare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.