Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

Sampioenpatties

  • Verhit die olie in ’n groot pan en braai die sampioene tot die meeste van die vloeistof uitgebraai is.
  • Voeg die ui by en roerbraai tot geurig. Skep in ’n mengbak uit en laat effens afkoel.
  • Druk die melk uit die brood. Voeg die uitgedrukte brood en eiers by die sampioenmengsel en meng deur.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Maak jou hande ’n bietjie met water nat en vorm ses sampioenpatties. Pak op die bereide bakplaat en laat 30 min. verkoel.

Burgersous

  • Meng al die bestanddele goed.

Burgers

  • Verf die sam­pioenpatties met die braaisous en bak 25-30 min. in die verhitte oond.
  • Pak die spinasie op die broodrolletjies, gevolg deur ’n paar uieringe en ’n sampioenpattie. Pak van die tamatieskywe op en rond af met die burgersous.