• Bring water tot kookpunt in ’n middelslagkastrol. Voeg die gnocchi by en kook volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en hou eenkant. Behou sowat 250 ml (1 k) van die gnocchiwater.
  • Smelt die botter in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die sampioene by die botter en roerbraai 5 min. tot bruin. Voeg die knoffel by en braai nog 1 min. 
  • Giet die wyn by en laat prut 3-4 min. tot die wyn amper verdamp, maar daar nog vloeistof oor is. Voeg die gnocchi by, roer liggies en laat prut nog 5-7 min. tot die gnocchi effens verkleur. Voeg van die gnocchiwater bietjies-bietjies in die pan. Hou aan met roer tot die gnocchi romerig lyk.
  • Vir voorsit: Verwyder die pan van die hitte, strooi die feta en pietersielie oor en sit voor.