20 min.
4
30 min.
Bestanddele
- Vulsel
- 15 ml (1 e) olie
- 2 uie, gekap
- 1 bos spinasie, afgespoel en fyngekap
- 250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
- ’n skeut suurlemoensap
- sout en vars gemaalde peper
- Pizzas
- 1 kg winkelbrooddeeg, by kamertemperatuur
- meel om te bestuif
- 30 ml (2 e) semolina (opsioneel)
- Afronding
- 1 rooi-ui, in skyfies gesny
Metode

Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit 2 groot bakplate met kossproei.
- Vulsel: Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk en tot die vloeistof weggebraai is. Skep die spinasiemengsel in ’n mengbak en laat heeltemal afkoel.
- Voeg die mozzarella by die spinasie en meng. Geur met ’n skeut suurlemoensap en die sout en peper.
- Pizzas: Verdeel die deeg in 4 gelyke dele. Rol elke deel in ’n ovaalvorm van 2 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
- Strooi die semolina, indien gebruik, oor die bakplate en plaas die deeg daarop. Vou die kante van elke stuk deeg in sodat dit soos bootjies lyk. Verdeel die vulsel tussen die bootjies (sonder om van die vulsel op die rande te sit).
- Bak die pizzas 20 min. of tot goudbruin en gaar.
- Afronding: Sprinkel die uiskyfies oor en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET