Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n groot oondbak byderhand. (Albei blomkole moet daarin kan pas.)

Gegeurde botter

  • Meng alles goed.

Blomkool

  • Smeer die blomkole met die botter en geur met die sout.
  • Pak die uie in die oondbak en sit die blomkole bo-op.
  • Bedek die bak met foelie en rooster 30 min.
  • Haal die foelie af en rooster nog 1 uur of tot sag soos verkies.

Speseryrys

  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, gemmer, kaneelstokke en lourierblare tot geurig.
  • Roer die res van die speserye by en roerbraai nog 1 min. Voeg die rys en botter by en roer deur. Verhit en geur met die sout na smaak.

Vir voorsit

  • Sny die blomkole in porsies en sit voor saam met die rys en suurlemoen­wiggies.