• Rokerige sampioene: Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die knoffel tot sag (wees versigtig om dit nie te laat brand nie). Voeg die speserye, sampioene en tamaties by, roer goed en braai nog 6-8 min. of tot goudkleurig.
  • Kook die mielie in ’n groot kastrol kookwater tot sag, dreineer en plaas eenkant.
  • Skep die sampioene en tamaties in ’n bak, vee die pan skoon en braai die mielie oor matige hitte met ’n bietjie ekstra olyfolie tot goudkleurig en net effens geskroei. Haal uit en laat afkoel voor jy die mieliepitte afsny en in ’n klein bak eenkant plaas.
  • Branderige guacamole: Berei die guacamole deur al die bestanddele in ’n bak te plaas en met ’n vurk grofweg fyn te maak. Proe en pas die geursel aan.
  • Vir voorsit: Maak die tortillas warm deur dit in ’n stapel in foelie toe te draai en in ’n droë pan oor lae hitte te sit.
  • Pak die vulsels in lae op die warm tortillas en sit dadelik voor.