• Verhit die olie in ’n groot pan en braai die ui tot goudbruin.
  • Voeg die knoffel en komyn by en roerbraai tot geurig.
  • Roer die boontjies deur die uiemengsel en braai 15-20 min. oor matige hitte. Roer af en toe om te verhoed dat die boontjies vasbrand, maar moenie te veel roer nie, andersins sal die boontjies pap raak.
  • Geur met die sout en hou eenkant.

Guacamole

  • Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad. Geur met die sout.

Vir voorsit

  • Vul die taco­skulpe met die komkommerkoolslaai (bl. 26), boontjies en guacamole.