Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Verhit die olie en botter in ’n groot pan en braai die uie en preie 15-20 min. stadig of tot dit begin verkleur.
  • Voeg die knoffel, lourierblare, tiemie en bruin­suiker by en braai nog 5-10 min. tot die uie ligbruin is. Skep uit in ’n mengbak en laat effens afkoel.
  • Voeg die mozzarella en suurlemoensap by en geur met die sout en peper na smaak.

Pasteie

  • Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en sny in 6-8 reghoeke.
  • Skep van die vulsel in die een helfte van elke reghoek. Verf die kante liggies met ’n bietjie water, vou die ander helftes van die deeg om en druk die kante vas met ’n vurk.
  • Pak die pasteie op die bereide bakplaat. Sny ’n kepie bo-op elke pastei en verf liggies met die eiermengsel. Pak ’n lourierblaar bo-op, indien verkies.
  • Bak die pasteie 20-30 min. of tot goudbruin en gaar.