Sampioene is ’n soort fungus; daarom is dit tegnies gesproke nie ’n groente nie. Tog word dit meestal as ’n groente gebruik en voorgesit.

Sampioene is supergesond, bevat min kilojoules, vet, koolhidrate, cholesterol en sout en het ook ’n lae glukemiese indeks. Dis ryk aan vesel, veral oplosbare vesel, het baie vitamiene, veral B-vitamiene, en bevat net so baie antioksidante soos kleurryke groente.

1. Sampioenlasagne

Die sondroë tamatie werk heerlik saam met die sampioene. 

resepte,sampioen,lasagne
Sampioenlasagne. Foto: Misha Jordaan

2. Pangebraaide sampioene met feta-polenta

Brosgebraaide salieblaartjies is heerlik hierby. Jy kan enige verskeidenheid sampioene gebruik wat jy kan vind.

resep,sampioene,polenta
Pangebraaide sampioene met feta-polenta. Foto: Misha Jordaan

3. Warm quinoa-en-sampioenslaai

’n Lekker vullende slaai. Die droëvrugte en neute is heerlik saam met die sampioene.

resep,quinoa,sampioen,slaai
Warm quinoa-en-sampioenslaai. Foto: Misha Jordaan

4. Sampioen-pasteirolletjies

Heerlik vir ’n voorafhappie saam met die sojadoopsous.

sampioen,pastei,rolletjies
Sampioen-pasteirolletjies. Foto: Misha Jordaan

5. Gevulde Sampioene

Groot bruin sampioene is ideaal om oor die kole te rooster, maar hier vul ons dit met ’n mengsel van spek en roomkaas.

resep,sampioene
Gevulde Sampioene. Foto: Misha Jordaan
Algemeenste soorte sampioene
  • Portabello: ’n Groot bruin sampioen met ’n geurige, aardse smaak. Dis ideaal vir braai oor die kole of vir ’n lekker vulsel.
  • Portabellini: ’n Knopiegroot bruin sampioen wat ook baie geurig is.  
  • Wit knopiesampioen: Dis ons algemeenste en bekendste sampioen. Dit het ’n matige smaak, werk goed saam met ander sampioene en is besonder veelsydig. Dit word veral op pizza en in slaai gebruik.

Eksotiese sampioene
  • Chanterelle: Dit het ’n neutagtige, delikate geur en is ideaal vir oondbraai en roerbraai.
  • Porcini: Die sterk, houterige smaak maak dit geskik vir geregte soos pastasouse en risotto.
  • Sjiïtake: Dit het ’n sout smaak en is ideaal om in sop te gebruik. Verwyder die stele voor jy dit gaarmaak.
  • Oester: Dit het ’n delikate geur en tekstuur. Gebruik dit in omelette, vinnige soppe en roerbraaie.
  • Cremini: Dié ferm, geurige sampioen is ideaal vir oondbraai en roerbraai.
  • Enoki is ’n  klein sampioentjie met ’n lang steeltjie en maklik verkrygbaar in supermarkte. Dis ideaal vir piekel of roerbraai.