Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Plaas die koeskoes in ’n bak, giet die aftreksel oor en laat staan tot uitgeswel. Vlok met ’n vurk.
  • Meng die sondroë tamaties, tamatiepuree en knoffel en meng goed deur.
  • Skep die koeskoes in ’n oondvaste bak en maak gelyk.
  • Sprinkel die ui, soetrissies, mielies, bone en rissies oor en meng liggies deur.
  • Sprinkel die kaas oor, plaas in die oond en bak tot die kaas gesmelt is.
  • Afronding: Sprinkel die koljanderblare en nacho’s oor en sit voor saam met die avokado, baba­tamaties, jalapeñorissies en uie.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.