• “Rolletjies”: Giet sout oor die eiervrugskywe en laat minstens 10 min. staan. Spoel die eiervrug­skywe goed af en druk droog. Rol in eier en dan in amandelvlokkies. Braai in vlak olie tot gaar en goudbruin, sowat 10-15 min.
  • Blomkoolkoekies: Meng al die bestanddele. Vorm sowat 8 koekies en rol dit in mielieblom. Braai in vlak olie tot bruin aan albei kante, ­sowat 10-15 min.
  • Hummus: Plaas die kekerertjies, knoffel en koljander of pietersielie saam met die tahinipasta in die voedselverwerker en verwerk tot glad. 
  • Voeg die olyfolie en suurlemoensap  en -skil deur die tuit by en verwerk tot dit goed geïnkorporeer is. Geur met sout en ­peper.
  • Salsa: Meng al die bestanddele.
  • Afronding: Plaas ’n eiervrugrolletjie op ’n bord en skep van die hummus bo-op. Plaas ’n paar blare babaspinasie bo-op, gevolg deur ’n blom­kool­koekie. Skep van die salsa oor en plaas nog ’n eiervrugrolletjie ­bo-op. Steek met ’n houtstokkie vas.
  • Sit voor saam met ­babaspinasieslaai en botterskorsieskyfies.