Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die spinasie by en roerbraai tot heldergroen en net verwelk. Verwyder van die hitte en skep in ’n mengbak uit.
  • Krummel 2 van die fetakaaswiele oor die spinasie en voeg die kruie en suurlemoenskil by. Meng deur en geur met die sout en peper na smaak. Meng die eiers vinnig deur.
  • Plaas ’n vel van die filodeeg op ’n werkoppervlak en verf met van die botter. Pak nog ’n vel deeg bo-op en verf weer met die botter. Herhaal met die res van die filodeeg.
  • Skep die spinasiemengsel in die middel van die stapel filo – los ’n 5 cm-rand sonder vulsel. Vou die deeg in en frommel liggies om ’n kraag vir die tert te vorm.
  • Pak die laaste wiel ­fetakaas heel bo-op die vulsel. Verf die deegkraag met nog botter en sprinkel die sesam­sade oor. Bak 25-30 min. of tot die deeg goudbruin is.

Vir voorsit

  • Drup die olyf­olie oor die tert en rond af met die ekstra kruie. Sny in porsies en sit warm, by kamertemperatuur of selfs verkoel voor saam met die suurlemoenwiggies.