Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n groot bakplaat byderhand.

  • Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en hou eenkant. 
  • Groente: Smeer die bakplaat met ’n bietjie van die olyfolie. Versprei die eiervrugte op die bakplaat en drup die res van die olie oor. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Rooster 15 min.
  • Pak die broccoli tussen die eiervrugte, meng liggies en rooster nog 10 min.
  • Slaai: Plaas die rys in ’n groot mengbak en meng die res van die slaaibestanddele by.
  • Slaaisous: Meng alles goed en geur met sout en vars gemaalde peper na smaak. Meng die sous daarna deur die slaai.
  • Skep die rys in ’n groot opdienbak en versprei die eiervrugte en broccoli bo-op. Sit onmiddellik voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.