• Gnocchi: Meng die kapokaartappel, meel en sout goed. Bestrooi ’n oppervlak goed met meel en keer die mengsel daarop uit. Vat 60 ml (¼ k) van die mengsel en rol versigtig in ’n slangetjie uit.
  • Smeer ’n mes met meel en sny die slangetjie in 2 cm-blokkies. Herhaal met die res van die deeg.
  • Sprinkel nog meel oor die gnocchi.
  • Sous: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die spek tot bros. Voeg die ui, knoffel en brandrissie by en smoor tot sag.
  • Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot die sous begin prut. Laat die sous 5 min. oor lae hitte prut. Haal die sous van die hitte af.
  • Vir afronding: Bring ’n groot kastrol vol soutwater tot kookpunt. Verlaag die temperatuur sodat die water stadig kook.
  • Kook die gnocchi in sarsies 1-2 min. of tot dit begin dryf. Skep die gnocchi met ’n gaatjieslepel uit die water en skep by die sous in.
  • Vir voorsit: Sit die pan terug op die stoof en verhit effens. Verdeel die gnocchi en sous tussen vier bakkies en garneer met die kaasskaafsels en basilie, indien gebruik.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.