Blitsige koljander-blatjang

akkreditasie
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan
Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

  • Verhit ’n droë pan en rooster die koljander­saadjies tot geurig en tot hulle liggies begin verkleur.
  • Skep uit en laat eenkant afkoel.
  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie liggies oor matige hitte tot gekaramelliseer.
  • Voeg die knoffel by en braai tot geurig.
  • Roer die tamaties by en braai tot die meeste van die vloeistof van die tamaties uitgebraai is.
  • Voeg die suiker en asyn by en roerbraai tot die suiker gesmelt is.
  • Maal die koljandersaadjies rofweg in ’n maler en sprinkel oor die blatjang.
  • Voeg die koljanderblare by en meng deur.
  • Geur met die sout na smaak.

Vir voorsit

  • Skep die blatjang in ’n skoon fles en bêre in die yskas tot nodig.
  • Sit die blatjang voor saam met die gebraaide boerewors en roosterkoeke.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees