• Verhit genoeg olie vir diepbraai. Klad die aartappelskille droog en meng met die uiskyfies. Braai die mengsel in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en geur met die sout.
  • Sprinkel: Meng al die ­bestanddele goed.
  • Afronding: Strooi die sprinkel oor die tjips en meng liggies. Sit dadelik voor.
Wenk
Jy kan 'n spesery-sprinkel pleks van 'n biltongsprinkel maak: Meng 5 ml (1 t) elk paprika, fyn komyn, fyn koljander, rooi­peper, gemengde gedroogde kruie en sout. Strooi oor die tjips.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.