• Verhit die olie in 'n pan of kastrol en braai die ui saam met die kardemompeule tot sag.
  • Voeg die tamatie-en-uiesmoor, fyn speserye, knoffel, gemmer en tamatiepasta by en verhit sowat 5-7 min. tot lekker geurig.
  • Voeg die ertjies en eiers by en verhit sowat 5 min. tot warm. Geur met die sout.
  • Vir voorsit: Sprinkel die koljanderblare oor en sit voor saam met die roti’s of basmatirys.
Wenk
Kap vars tamaties en ’n halwe rooi-ui fyn, voeg gekapte koljanderblare by en meng. Sit dit voor saam met die kerrie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.