Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Kook die skorsies in soutwater tot gaar. Laat afkoel, halveer en verwyder die pitte. Skep die vlees uit en hou eenkant in 'n bak. 
  • Braai die ui in die olyf­olie; voeg die heuning, sout en swartpeper by. Verwyder van die hitte sodra die ui gekaramelliseer het. 
  • Week die spinasie in warm water tot sag en dreineer baie goed. Voeg dit saam met die sondroë tamaties, tiemie, knoffel en uiepoeier by die ui en roer tot deurgemeng. Voeg die fyn botterboontjies by en meng goed deur. 
  • Skep die mengsel in die skorsiedoppies. 
  • Klits die eiers in 'n mengbak tot lig en skuimerig. 
  • Maak die skorsievlees wat eenkant gehou is fyn en voeg die eiers by. Meng goed. Skep dit ­bo-op die botterboonmengsel. 
  • Rond af met die paprika. 
  • Bak 20-25 min. of tot ’n bros korsie gevorm het. Sit warm voor en rond af met die vars tiemie.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.