• Pannekoeke: Plaas die water en kruie saam in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Meng die kruiemengsel by die pannekoekbeslag in. Geur die beslag met die sout en peper.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n pan, giet ’n lepel van die pannekoekbeslag in en draai die pan skuins sodat die beslag die hele oppervlak bedek. Bak oor matige hitte tot borreltjies op die oppervlak begin vorm. Draai die pannekoek versigtig om en braai tot ligbruin. Haal uit en hou eenkant.
  • Herhaal met die res van die beslag.
  • Krummel: Verhit die olie in ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Skep uit en hou eenkant.
  • Vir afronding: Smeer van die hummus in elke pannekoek. Sprinkel van die spek en ekstra koljanderblare oor en vou toe soos verkies. Sit voor saam met suur­lemoenwiggies, indien verkies.
Basiese pannekoekbeslag
  • Sif 250 ml (1 k) glutenvrye meel, 2,5 ml (½ t) bakpoeier en ’n knippie sout in ’n mengbak.
  • Klits in ’n aparte bak 3 eiers, 250 ml (1 k) melk en 60 ml (¼ k) olie goed saam en giet by die droë bestanddele.
  • Klits tot goed gemeng en sonder klonte; die beslag moet soos dik room lyk.
  • Bedek en laat minstens 30 min. rus. Bak die pannekoeke soos verkies.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.