book-icon Uitgawe 2 Januarie 2020

Hawermout-blokkies

akkreditasie
Hawermout-blokkies. Foto: Misha Jordaan
Hawermout-blokkies. Foto: Misha Jordaan
Bereidingstyd: 10 min.
Porsies: 18
Gaarmaaktyd: 30-45 min.
Bestanddele
  • 250 g - dadels, fyngekap (of vervang die helfte daarvan met bosbessies en/of gekapte Turkse appelkose)
  • 375 ml (1 k) - hawermout
  • 125 ml (½ k) - klapper
  • 125 ml (½ k) - gemengde sade
  • 125 ml (½ k) - klipgemaalde witbroodmeel
  • 5 ml (1 t) - koeksoda
  • 5 ml (1 t) - kaneel
  • - ’n knippie sout
  • 30 ml (2 e) - olie
  • 30 ml (2 e) - heuning
  • 60 ml (¼ k) - gesmelte botter of klapperolie
  • 125 ml (½ k) - lemoensap, melk of tee
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n vierkan­tige koekpannetjie, 20 cm in deursnee. 

  • Meng die droë bestanddele goed.
  • Meng die nat bestanddele.
  • Voeg bymekaar, meng goed en druk in die pannetjie vas.
  • Bak 30-45 min. tot goudbruin en gaar. Laat heeltemal afkoel en sny in blokkies of skyfies.
Pouse
Toevourolletjie met vulsel van gerookte hoender, gerasperde wortel en ­mayonnaise; vrugte.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees