• Koeskoes: Plaas die koeskoes in ’n groot glasbak, geur met sout en bedek met ’n gelyke hoeveelheid kookwater. Bedek en laat 5 min. staan. Vlok die koeskoes met ’n vurk, voeg die botter by en vlok tot die botter gesmelt het.
  • Hoender: Druk die hoender effens plat met jou hand. Geur met die speserye en bedruip met die olyfolie. Verhit ekstra olie in die pan en braai die hoender sowat 6 min. aan weerskante. 
  • Verwyder die hoender en plaas op ’n snyplank. Rafel die hoender met vurke uitmekaar.
  • Vir afronding: Plaas die suikerertjies en mielies in die riffelpan. Keer die groente om wanneer roostermerke verskyn (ná sowat 1 min.) en braai aan die ander kant.
  • Meng die sprietuie, brand­rissie en suur­lemoensap by die koeskoes in. Skep die hoender, gaar groente en pietersielie bo-op. 
  • Sit voor saam met suurlemoenwiggies, indien verkies.

Kry gereed: ketel gekook; riffelpan op hoë hitte; groot kleefvrye pan op matige hitte