Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papierbakkies in 10 holtes van 'n ­middelslagmuffinpan.

  • Meng die meel, kaas, groente en tuna.
  • Klits die eier, olie en melk saam en geur met paprika, sout en peper. Meng met die meelmengsel.
  • Skep in die papierkoppies en bak 15-20 minute tot 'n toetspen skoon uit die muffin kom. 
Ná skool

Sjokolade-grondboontjiebotterkoekies

Lewer 18-20 koekies
Bereiding: 10 min.
Bak: 15 min.

  250 g grondboontjiebotter, suikerloos
  20 g kakao
  1 eier
  80 g bruinsuiker 
  5 ml (1 t) koeksoda
  versiersuiker om in te rol
  heel grondboontjies vir versiering


Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 bakplate.

  • Meng al die bestanddele buiten die versiersuiker en heel grondbone.
  • Skep 15 ml (1 e) deeg uit met'n maatlepel en rol dit in ’n balletjie. Rol dit dan in versiersuiker.
  • Pak op 'n bakplaat en druk effe plat met 'n vurk. Plaas heel grondbone bo-op en druk ­liggies vas. 
  • Bak 15 minute tot gaar. (Die koekies sal steeds sag wees.) Laat afkoel op die bakplaat. Pak dit dan op 'n afkoelrak en laat heeltemal afkoel. Bêre die koekies in ’n lugdigte houer. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.