• Skyfies: Sny die aartappels in dik skyfies en plaas in 'n kastrol met water. Voeg 'n knippie sout by en laat kook 20-25 min. of tot gaar. Dreineer in ’n vergiettes en laat droogstoom.
  • Sous: Smelt intussen die botter in 'n kastrol. Roer die meel by. Giet die melk bietjies-bietjies by en roer aanhoudend. Bring tot kookpunt en roer tot verdik. Verwyder van die hitte.
  • Roer die kaas by en geur met die sout.
  • Afronding: Verhit die olie vir diepbraai en braai die aartappel­skyfies in sarsies tot goudbruin en bros. ­Dreineer op kombuis­papier.
  • Pak die tjips op 'n groot bord of in individuele bakkies. Geur met sout en skep van die kaassous oor. Sprinkel die spek, jalapeño, rissie, indien gebruik, en ­pieter­sielie oor. Sit ­dadelik voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.