• Verhit die olie in 'n groot pan en braai die ui en soetrissie tot sag. Voeg albei blikke tamaties by asook die fyn speserye, suiker en olywe en laat sowat 7-10 min. prut tot warm en geurig. 
  • Geur met die sout en peper. 
  • Maak vier holtes met ’n lepel in die tamatie­smoor.
  • Breek 'n eier in elke holte, maak toe met 'n vel tinfoelie of deksel en laat prut tot die eier gaar is na jou smaak. 
  • Geur die eiers met die sout en peper en sprinkel die kruieblare oor.
  • Vir voorsit: Sit dadelik voor saam met broodrolletjies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.