Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  • Pannekoeke: Meng die stingeluie by die panne­koekbeslag in en geur met die vars gemaalde peper.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan. Bak mini-pannekoekies met die beslag. Pak die pannekoekies in ’n enkel­laag op die bereide bakplaat.
  • Bolaag: Meng alles goed en verdeel tussen die pannekoeke. Bak 10 min. of tot die hoender warm is en die kaas gesmelt.
  • Vir afronding: Sprinkel die kruie oor en sit voor saam met die suurlemoenwiggies.
Basiese pannekoekbeslag
  • Sif 250 ml (1 k) koekmeel, 2,5 ml (½ t) bakpoeier en ’n knippie sout in ’n mengbak.
  • Klits in ’n aparte bak 3 eiers, 250 ml (1 k) melk en 60 ml (¼ k) olie goed saam en giet by die droë bestanddele.
  • Klits tot goed gemeng en sonder klonte; die beslag moet soos dik room lyk.
  • Bedek en laat minstens 30 min. rus. Bak die pannekoeke soos verkies.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.