Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 'n groot bakplaat met kossproei.

  • Sny die patats in wiggies. Smeer die helfte van die olyfolie op die bakplaat.
  • Pak die patatwiggies in 'n enkellaag op die bakplaat en drup die res van die olie oor. Geur met die sout en peper. Oondrooster 40-45 min.
  • Kruiesous: Meng al die bestanddele goed.
  • Afronding: Pak die patat­tjips uit op 'n opdienbord en krummel die feta oor. Bedruip met die kruiesous en sit voor saam met die suurlemoenwiggies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.