• Plaas die pasta in die kookwater en kook tot al dente.
  • Roerbraai die olie, ui, spek en knoffel in die pan tot die spek bros en bruin is.
  • Giet die kersietamaties en die pasta in, verlaag die hitte en laat dit 10 min. prut.
  • Voeg die sondroë tamaties en suiker by en geur met die sout en peper. Laat dit nog 10 min. prut.
  • Dreineer die pasta en voeg dit by die spekmengsel. Meng die ­basilie deur en sit voor saam met die parme­saan. 

Wenk: Voeg 250 ml (½ k)room of 250 ml (½ k) natuurlike dubbelroomjogurt by vir ’n romeriger sous op ’n spesiale geleent­heid.

Kry gereed: groot pot met gesoute kookwater; groot pan oor matige hitte.